Hierdie blog is waar ek kan opgewonde raak oor dinge soos politiek, nuusgebeure, tegnologie, uitsaaiwese, toeganklikheid vir gestremde persone, sosiale kwessies, Afrikaans, gebeure in die Afrikaanse blogs, Algemene sosiale vraagstukke en soveel meer. Vanaf April 2009 is ek al hier besig met hierdie webjoernaal, meestal as ‘n stokperdjie so tussen die werk en ander verantwoordelikhede.
Ek skryf wel op die oomblik nie so baie soos wat ek voorheen het nie, maar soms is daar dinge wat gebeur of selfs inskrywings van Afrikaanse Bloggers wat ek lees en dan lewer ek wel my beskeie kommentaar daarop of stel my lesers bekend aan ander skrywers se werk.
Geniet u kuiertjie hier.