Etiket: bierpens

  • Mense van die duine

    Harry, een van ons medebloggers, is ‘n storieverteller van formaat. Sy kortverhale het gereeld verskyn op Bierpense se joernaal Kekkel op die Plaas, te bsigtig by kekkel.wordpress.com. Sy kortverhale het nou so gewild geraak dat daar nou ‘n webjoernaal oopgemaak is met al Harry se stories in een plek. Gaan besigtig hierdie webjoernaal by duinemense.wordpress.com. Daar is ook ‘n snelskakel beskikbaar op my blogroll.

  • Kring van die Spotters

    Die Afrikaanse gemeenskap van bloggers hier op WordPress is ‘n interessante een. Die mense hier kom uit ‘n wye verskeidenheid agtergronde en hier is baie skryftalent onder hulle.
    Ongelukkig is daar ook bloggers onder ons wat genot daaruit put om blogs oop te maak waar hulle ander bloggers bespot en slegsê.
    Eers het hulle die deelnemers op www.bosparra.com bespot. Noudat Bosparra kalmer geword het is daar nou sommiges wat mekaar bespot en ook ander bloggers uitsonder. Ek was gister ontsteld om te sien hoe ou Klontkoppie en Vrinne vir Bierpens en Harry bespot het. Laasgenoemde is twee bloggers vir wie ek bewondering het. Bierpens vir sy skryfstyl en die manier hoe hy sy saak stel asook die werk waarmee hy besig is om ‘n platform vir Afrikaanse bloggers te bou waar artikels oor verskeie onderwerpe deur middel van etiketblaaie, oftewel tag pages aan mekaar geskakel word. En Harry vir sy kortverhale wat op Kekkel op die Plaas gepubliseer is. Harry weet hoe om ‘n storie te vertel.
    Nee regtig, so kan dit nie aangaan nie. Daar is dinge daar buite wat veel ernstiger is as ons ou kleinlike geveggies op die blogs. Julle kan eerder julle talente gebruik om die Afrikaanse blogosfeer tot ‘n kragtige medium uit te bou wat kan opvoed sowel as vermaak.

  • Godsdiensonderrig op skool

    Die laaste paar weke was daar ‘n hewige debat oor godsdiensonderrig op skool. Hierdie omstredenheid is veroorsaak deur Prof. George Claasen wat eers gedreig het om skole wat steeds godsdiensonderrig gee hof toe te sleep maar toe sy veldtog laat vaar het.
    Ek het ook met groot belangstelling die debat gevolg op Bierpens se webjoernaal Kekkel op die Plaas. Het Christene werklik die reg om godsdiensonderrig op skool te gee? Moet ouers dit nie eerder self doen nie? Verseker stem ek saam met die stelling dat dit allereers die ouers se plig is om hulle kinders reg op te voed volgens die Woord. Daar moet egter ook ter wille van stabiliteit ook ‘n vorm van godsdiensonderrig op skool wees om die grondslag wat die ouers gelê het te versterk.
    Die tweede vraag wat tydens hierdie debat opgekom het het gehandel oor wie nou verantwoordelikheid vir ons kinders se godsdiensonderrig moet aanvaar. Moet die regering dit doen? Beslis nie. Die kommunistiese ANC-regime kan onder geen omstandighede met hierdie taak toevertrou word nie. Al wat ons wel van die regering vra is dat hulle alle geloofsgemeenskappe die reg moet gee om self te kan besluit watter geloof of godsdiens hulle in hulle skole wil leer soos wat dit altyd die geval was. Verder moet kerke, gemeenskappe en beheerrade en ouerkomitees by skole self hierdie verantwoordelikheid opneem oor hoe godsdiensonderrig prakties toegepas gaan word.
    Verder moet Godsdiensonderrig gegee word deur mense wat vir die taak toegerus is en wat self seker van hulle geloof is. As die onderwyser of onderwyseres self verward is, moet hulle nie godsdiensonderrig gee nie.
    Hierdie debat is nog lank nie verby nie. Ons sal nog ‘n lang paadjie moet stap om die regte oplossing vir hierdie dilemma te kry.

  • Kruppelkriekkie klets

    Ou Bierpens het gister ‘n snelskakel op sy blog kekkel.wordpress.com geplaas na die blog van ‘n interessante jong dame wat haarself Kruppelkriekkie noem. Sy kan besoek word by kruppelkriekkie.wordpress.com. Wat veral uitstaan omtrent haar is die manier hoe sy humoristies en openlik skryf oor gestremdheid en hoe sy die lewe vanuit ‘n rolstoel ervaar. Doen so voort, Kriekkie. Ons sien uit daarna om nog meer van jou te hoor. Ek het spesiaal ook ‘n snelskakel na haar blog op my blogroll gesit.

  • Bierpens se nuwe skryfstyl

    Bierpens is een van die Afrikaanse bloggers hier op WordPress. Hy het twee blogs op vuurslag.co.za/, by name Kekkel op die plaas, te besigtig by kekkel.wordpress.com en Onder die Lapa, te besigtig by bierpens.wordpress.com.
    Ek was op 'n stadium 'n gereelde leser van sy blog Kekkel op die Plaas. Toe gaan staan die blog bietjie stil tot vandag toe hy weer daar inloer met 'n splinternuwe manier van skryf. Hy het iewers 'n site templet ontdek wat 'n soort "Twitter feel" het. Nou het hy op die gewone blogs net sulke kort maar kragtige inskrywings begin publiseer.
    Hierdie nuwigheid is net die regte ding vir haastige bloggers wat nie altyd tyd het om te gaan stil sit en lang beredeneerde artikels skryf nie. Die vuurslag.co.za/ gadget, te vinde by m.wordpress.com, is perfek vir hierdie doel omdat dit vir rekenaars sowel as selfone toeganklik is. Verder het hierdie nuwe skryfstyl op WordPress ook die voordeel dat jy nie tot net 140 karakters beperk is nie. Buitendien is 140 karakters gans te min om mee te blog. Slegs die tyd sal leer of ander bloggers ook hierdie nuwe skryfstyl gaan probeer.