Vandag gedenk ons as behoudende Afrikaners wat ons geskiedenis lief het weer die geboortedag van Paul Kruger, een van ons groot Boereleiers. Hy was die laaste president van die Zuid-Afrikaansche Republiek, ook bekend as die Transvaal, voor die Tweede Vryheidsoorlog.
Paul Kruger was deen van die leierskorps wat die Boerevolk van die ZAR in 1881 bevry het van Britse oorheersing nadat Britanje in 1877 die ZAR beset het. Nadat Goud aan die Witwatersrand ontdek is het hy ‘n bittere politieke stryd gevoer om ons onafhanklikheid te behou nadat Britanje met slinkse maatreëls probeer het om beheer oor die ZAR se regering te verkry onder die dekmantel dat hulle die regte van die buitelanders probeer beskerm wat daar in die myne gewerk het. Selfs toe die Tweede Vryheidsoorlog in 1899 uitgebreek het het hy nie sonder meer oorgegee nie en het selfs Europa toe gereis om steun te werf vir die saak van die Boerevolk. Ongelukkig was dit nie oral suksesvol nie. Alhoewel dit maar moeilik gegaan het om regerings van daardie tyd sover te kry om ons behulpsaam te wees het gewone Europeërs wel groot inspirasie geput uit ons stryd teen Britanje.
Paul Kruger is een van daardie leiers wat dit verseker die moeite werd maak om die goeie uit die verlede te haal en ons toekoms daarop te bou. Mag ons weer ‘n leier soos hy kry om ons na vryheid te lei in die moeilike jare wat vir ons voorlê.
Etiket: Boerevolk
-
Paul Kruger
-
geloftedag
vandag herdenk ons behoudende Boere-afrikaners weer die gelofte wat ons voorvaders afgelê het voor die slag van Bloedrivier. Hulle het God destyds belowe dat indien Hy hulle sou beskerm tydens die geveg en aan hulle die oorwinning sou gee, sou hulle hierdie dag as ‘n sabbatdag deurbring en ‘n huis tot Sy eer oprig waar dit Hom mag behaag. Hulle het ook belowe dat hulle kinders en die opkomende geslagte daarna ook in hierdie gelofte moet deel. Daarom gedenk ons vandag nog Geloftedag.
Mag diegene van julle wat dit vandag herdenk dit steeds met dank teenoor God doen. -
Ons lyding in Afrika
Steve Hofmeyer skryf op sy webjoernaal, te besigtig by stevehofmeyer.co.za onder die afdeling Steve sê ‘n interessante opmerking as deel van sy Kersfeesboodskap. Die groot ding wat die inwoners van Afrika aan hierdie kontinent bind is die feit dat daar altyd mense op hierdie kontinent is wat die een of ander groot lyding of beproewing beleef. Die Afrikanervolk, en meer spesifiek die Boere-Afrikaners, kan met reg sê dat hulle ook die lyding van die kontinent beleef het.
Ons het onder die juk van die Nederlandse en later die Engelse koloniale magte uitgevlug. Die koloniale owerhede het gereeld die grense van die kolonie uitgebrei om ons as’t ware met ‘n vangnet weer onder die gesag van die koloniale magte in te trek. Ons het voortgetrek en toe ons ons grond kry waar ons ons eie nuwe land wou bou het ons dit teen die koloniale magte verdedig en dit toe opgebou en leefbaar gemaak.
Ons was ook vasgevang in die stamoorloë wat in Suid-Afrika gewoed het nadat Tsjaka met sy uitdelgingsoorlog begin het. Die Mfekane het eers opgehou nadat Die bVoortrekkers vir Dingaan verslaan het.
Britanje het in 1877 die ZAR ingeneem en na vele mislukte onderhandelings en verset het ons dit in 1881 weer bevry by die slag van Majuba.
Nadat goud aan die Witwatersrand ontdek is was daar weer ‘n lang en bitter politieke stryd tussen die ZAR en Britanje wat op die Tweede Vryheidsoorlog uitgeloop het. Baie van ons vrouens en kinders het in konsentrasiekampe omgekom en plase is oral afgebrand en verwoes om ons mense se voedselbronne af te sny.
Na die oorlog moes ons weer opstaan uit die na-oorlogse armoede en het ons met behulp van ons welsynsorganisasies, kulturele organisasies en banke dit reggekry om onsself weer tot ‘n respektabele volk op te hef.
Daar was weer lig in die tonnel toe ons ons eie afrikanerregering gekry het wat ons na onafhanklikheid en voorspoed gelei het.
Ongelukkig weens internasionale druk met Britanje wat weereens ‘n belangrike rol gespeel het asook verraad van binne moes ons ons vryheid en voorspoed prysgee. Nou ly ons weer van voor af as gevolg van diskriminasie, armoede en volksmoord wat as misdaad vermom word.
Die Afrikanervolk het inderdaad die lyding van Afrika meegemaak. Daarom het ons so ‘n sterk verbintinis met ons land. -
Paul Kruger
Vandag herdenk ons behoudende Afrikaners wat ons kultuur en geskiedenis lief het weer die geboortedag van Paul Kruger. Hy was die laaste president van die toenmalige Zuid-Afrikaansche Republiek, ZAR, ook bekend as die Transvaal. Hy was een van die leierskorps wat destyds gehelp het om die Boerevolk van die Transvaal se vryheid in 1881 terug te kry terug te kry nadat die Engelse Transvaal in 1877 geannekseer het. Nadat goud aan die Witwatersrand ontdek is, het hy ‘n lang en bittere politieke stryd gevoer om die ZAR se vryheid te behou. Hy het selfs tydens die Tweede Vryheidsoorlog nie toegegee nie en het later Europa toe gereis om steun vir die boere se saak te werf. Ongelukkig was dit nie oral ewe suksesvol nie.
Paul Kruger was beslis een van daardie waardige leiers wat dit die moeite werd maak om die goeie uit die verlede te neem en die toekoms daarmee te bou. Mag daar hopelik weer in die toekoms so ‘n leier wees.