So ‘n rukkie terug het ons die skoknuus verneem dat Evkom sy kragtariewe wel met 25% per jaar gaan verhoog. Hierdie verhoging tree Aprilmaand in werking. Vanoggend op die nuus hoor ek toe dat die brandstofprys volgende maand na raming met 50c per liter gaan styg. Die finale prysverhoging is nog nie aangekondig nie. Ten minste die helfte van hierdie verhoging, 25c, word veroorsaak deur die verhoging in die brandstofheffing wat tydens die begroting in Februarie aangekondig is.
Ons gewone verbruikers, salaristrekkers en ander platsakke sal op 1 April nie veel hĂȘ om oor te lag nie. Sterkte vir julle almal.
Etiket: brandstofprys
-
‘n Duur April. En dis geen grap