Etiket: burgerregte

  • onteiening sonder vergoeding is wettige diefstal

    Op Donderdag, 23 Januarie 2025 het een van die donkerste tye in Suid-Afrika aangebreek sedert 1994. Voor dit was daar ongetwyfeld nog swaarder tye. Maar hierdie is voorwaar een van die mees onsekere tye in ons onlangse geskiedenis.
    President Cyril Ramaphosa het die wet op onteiening sonder vergoeding onderteken en tot wetgewing verklaar.

    Ramaphosa onderteken Onteieningswetsontwerp

    https://www.thepresidency.gov.za/president-assents-expropriation-bill

    Soos verwag kon word, het verskeie groepe hierdie nuus met skok en ontsteltenis begroet. TLU SA het dit as ‘n ernstige aanval op eiendomsreg beskou wat nie net boere nie, maar alle Suid-Afrikaners bedreig. Dit skep groot onsekerheid vir alle grondeienaars. Definisies van definisies van ‘regverdige en billike vergoeding’ en ‘openbare belang’ is vaag en oop vir subjektiewe interpretasie,” verduidelik Bennie van Zyl, TLU SA se hoofbestuurder.
    “Sulke grys gebiede maak die deur oop vir misbruik, korrupsie en onregverdige praktyke.
    https://www.tlu.co.za/donker-dag-vir-sa-tlu-sa-betreur-ondertekening-van-onteieningswet/

    Daar word ook regtens uitgewys dat hierdie besluit negatiewe gevolge sal inhou vir voedselsekerheid, beleggersvertroue en ekonomiese stabiliteit. Persoonlik kan ek byvoeg dat dit nie net buitelandse beleggers sal afskrik nie, maar ook plaaslike sakelui en voornemende entrepreneurs wat dalk ‘n onderneming van die grond af wou kry om hulself te kan versorg asook om werk te skep ver andere. Die regering het al die jare so gehamer daarop om die jeug bewus te maak van die voordele van entrepreneurskap en ons is altyd vertel hoe die klein en medium sakeondernemings werk gaan skep. Nou is dit juis hierdie groep wie nou in die tande geskop word.

    Tlu SA verwys ook na die uitdagings wat boere reeds in die gesig staar met betrekking tot verhoogte insetkoste, wisselvallige markte en landelike misdaad. Nou hang die swaard van moontlike onteiening sonder vergoeding ook nog bo hulle koppe.

    Intussen wil die Vryheidsfront Plus die grondwetlikheid van hierdie wetgewing in die grondwethof betwis en indien hulle suksesvol is daarmee wil hulle hul posisie in die kabinet en die Regering van Nasionale Eenheid gebruik om die wet te laat verander. Persoonlik betwyfel ek hoeveel hulle daarvan gan regkry. Nie hulle of die Demokratiese Alliansie kon die ondertekening van die wet stop nie. Hulle kon ook nie die omstrede BELA onderwyswet stop nie, ingevolge waarvan die staat die magte van plaaslike skole se beheerliggame se magte wegneem om te kan besluit oor ‘n skool se toelatingsbeleid en taalbeleid onder andere. Almal is bang dat indien hulle die RNE sal verlaat, dat die ANC dan ‘n sogenaamde oordeelsdagkoalissie sal saamstel met Partye soos die EFF en MK partye.

    https://www.vfplus.org.za/af/jongste-nuus/onteieningswet-nul-vergoeding-wat-verswyg-word-wys-op-gevare/

    https://www.vfplus.org.za/af/jongste-nuus/vf-plus-versoek-weer-politieke-partye-in-parlement-om-ingevolge-die-grondwet-saam-te-staan-teen-onteieningswet/

    Intussen lyk dit of die Vryheidsfront Plus en DA hierdie wetgewing saam gaan betwis. Die Good party van Patricia De Lill is egter ten gunste van die wetgewing.

    DA, VF Plus sal nuwe Onteieningswet betwis

    Intussen is die MK party glad nie tevrede nie. Hulle probleem is dat die wetgewing slegs grondvergrype vanaf 1913 aanspreek. Hulle wil hê die regering moet so ver as 1652 teruggaan toe Jan Van Riebeeck in die Kaap DE Goede Hoop aangekom het en toe glo daar grond gesteel het asook alle koloniale grondbesit daarna.

    Onteieningswet niks anders as voortgesette ongeregtigheid – MK

    Intussen lyk dit asof daar moontlik groot hofsake gaan kom oor hierdie wet. Afriforum, Action SA en die Referendum Party het woedend gereageer op die ondertekening van die wet.

    Hofsake dreig oor Onteieningswet

    Terwyl daar regtens groot ontsteltenis is oor hierdie wetgewing het Willem Petzer gisteraand tot laatnag saam met regsgeleerdes en ander lede van die Willem Petzer Groep gewerk om ‘n video saam te stel waarin hulle verduidelik wat dit alles behels. Dit probeer om vae punte binne die wetgewing te verduidelik.

    Kom ons hoop dat die aksies wat deur verskeie partye en burgerregtegroepe geneem word hierdie vernietigende wetgewing in sy spore kan stuit, anders is dit niks anders as Suid-Afrika se doodsvonnis wat gister onderteken is.