Etiket: geweld

  • Intimidasie speel rol by Lonmin staking

    Ek het so pas die volgende artikel in City Press raakgelees oor een van die werkers wat Donderdag omtekom het tydens die skietery tussen die polisie en stakende mynwerkers by Lonmin se platinummyn te Marikana. Hy wou nie deelgeneem het aan die staking nie en was ook nie Een van die rotsboorders nie maar ander stakers het hon geÏntimideer en gevolglik was hy ook Donderdagmiddag daar toe die gevegte uitgebreek het en het hy ongelukkig ook omgekom.

    http://m.news24.com/CityPress/SouthAfrica/News/Untimely-death-of-a-reluctant-striker-20120818

    ntimidasie van nie-stakende werkers deur stakers is nie nuut in Suid-afrika nie. Dit kom al jare aan. Mens kan egter die vraag vra of hierdie vakbonde wat die werkers verteenwoordig en toe stakings opsweep regtig omgee vir die veiligheid en welstand van die werkers en of hulle eerder die werkers misbruik vir hulle eie korttermyn politieke gewin. Kry julle nie skaam dat julle doelbewus die lewens van onskuldige werkers in gevaar gestel word omdat hulle op sleeptou geneem word deur julle intimidasie nie.

    Suid-afrika sal in die komende weke uitvind of hierdie tragedie wat homself by Marikana afgespeel het we’ll ‘n impak sal hÊ op die groter mynbousektor en arbeidsbetrekkinge in die algemeen asook hoe eie onderlinge verhoudings tussen verskillende rassegroepe geraak sal word. Julius Malema se toespraak gister by Marikana hou niks positiefs in nie.

  • Lonmin: die begin van groter onheil?

    Gister was voorwaar ‘n swart dag in Suid-Afrika nadat talle stakende mynwerkers tydens ‘n skietery tussen sommige stakers en die polisie omgekom het. Die presiese dodetal is nog nie bekend nie maar die polisie sal na verwagting vanoggend om elfuur ‘n nuuskonferensie hou.

    Hierdie ongelukkige voorval het Donderdagmiddag plaasgevind naby Lonmin se Maricana platinummyn. Sommige mynwerkers, onder andere rotsboormanne het verlede vrydag begin staak. Verder was dAar ook ‘n despuut tussen Num en Amcu oor wie dan nou eintlik die werkers verteenwoordig.

    Gedurende die week is tien mense, onder wie twee polisieveampes oorlede na gevegte tussen Amcu en Num.

    Die groot vraag kan gevra word of hierdie dalk die begin kan wees van groter onheile en onrus? Op sosiale netwerke word reeds beskuldigings geslinger na wit monopolie en beheer oor die ekonomie. Volgens berigte is Amcu ook teen President Jacob Zuma se herverkiesing in Bloemfontein gekant.

    Die vrees bestaan dat hierdie tragiese voorval tot groter arbeidsonrus kan lei en dat rasseverhoudings erg geskend sal word. Daar sal ook gesien moet word hoe sake gaan verloop namate ons naderkom aan die Anc se nasionale kongres wat Desember in Bloemfontein gehou gaan word. Gaan die spanning tussen pro- en anti-Zuma faksies binne die ANC sodanig verhoog dat dAar nog gevegte en sterftes kan wees?

    Suid-Afrika sal beslis die volgende paar dae in spanning wag om te sien wat gaan gebeur.

    My hart gaan uit na diegene van ons volksgenote wat in die Rustenburg, Brits en Maricana omgewing woonagtig is. Pas julself op, hou julle veilig en vermy paaie waar moontlike verdagte aktiwiteite soos samedromming van mense of verdagte voorwerpe op of langs die pad. Baie sterkte ook aan diegene sat daar werksaam is. Dis beslis nie aangenaam om in ‘n werksomgewing te funksioneer waar arbeidsverhoudings so erg gespanne is nie.

    Mag God ons almal in hierdie tyd behoed en bewaar.

  • Dankie tog, dit het nog nie gebeur nie?

    In ‘n vorige inskrywing het ek die vrees uitgespreek dat daar dalk xenofobiese geweld kan uitbreek na afloop van die 2010 Wereldbeker sokkertoernooi na aanleiding van kragtige gerugte en dreigement wat die rondte gedoen het. Ek was bevrees dat dit dalk grootskaalse aanvalle sou wees wat die hele land kon destabiliseer en alle normale bedrywighede omver sou werp.
    Gelukkig het hierdie dinge darem nog nie gebeur soos wat ek gevrees het nie. Dinge is so ver nog normaal. Daar was wel ‘n paar voorvalle van geweld, plundering en brandstigting in die Weskaap wat wel kommer gewek het. Tot vandag toe is daar ook landwyd voorvalle van moord, gewapende roof en brandstigting wat teen veral Somaliese
    winkeleienaars gepleeg word waar mens nie presies kan bepaal of dit net gewone misdaad is of xenofobiese geweld nie.
    Laat ons dus nie vergeet om die Here te dank vir die feit dat Hy ons so ver teen hierdie geweld beskerm het nie, maar laat ons ook nie te oorgerus wees nie. Hou maar die media dop sowel as jou plaaslike omgewing. Hierdie gerugte en dreigemente het wel ‘n nare klimaat in die land geskep wat moeilik verander gaan word.

  • Is nog ‘n xenofobie-krisis op pad?

    Die laaste paar weke gons dit op die internet oor gerugte van xenofobiese geweld wat kan losbars na afloop van die Wêreldbeker Sokkertoernooi. Verskeie instansies en individue het gewaarsku teen ‘n moontlike uitbraak van geweld. Die Transvaalse Landbou-unie, die Nelson Mandela stigting, Solidariteit, menseregte-organisasies wat met buitelanders en vlugtelinge werk, COSATU en selfs aartsbiskop Desmond Tutu het gewaarsku dat Xenofobiese geweld kan uitbreek na afloop van die Wêreldbeker Sokkertoernooi en Suid-Afrikaners gemaan om nie daaraan mee te doen nie.
    Net soos met die vorige orgie van geweld in 2008 is daar ook vrese onder blankes dat ons ook onwillekeurig in hierdie spiraal van geweld ingetrek kan word.
    Hierdie dinge bekommer my erg. As hierdie geweld werklik moet uitbreek sal alle normale lewe ontwrig word. Kinders sal nie kan teruggaan skool toe gaan wanner die skole weer op 13 Julie open nie. Ek is self deesdae werksaam by ‘n skool vir gesiggestremdes en besef maar al te goed hoe kwesbaar ons sal wees indien geweld in ons omgewing sal uitbreek. Leerders se vervoerreëlings sal ook erg omvergegooi word as geweld in hulle omgewing sou uitbreek.
    Nog ‘n ding wat my bekommer is hoe al hierdie dinge die landbou sal raak. Party boere het buitelanders in diens as plaasarbeiders. Sal die geweldenaars plase aanval om die buitelanders om die lewe te bring en dan ook sommer boere in die proses teiken? Daar was ook ‘n paar weke terug ‘n berig in die Zimbabwe Mail dat xenofobiese geweld en grondbesettings in Suid-Afrika kan uitbreek na afloop van die sokkertoernooi. Dit sal nog verdere stabiliteit meebring.
    Dit is verblydend om te weet dat daar wel mense is wat gebedsaksies hou om die Here te vra dat Hy sal ingryp en hierdie geweld sal keer. Kom ons hoop dat Hy ‘n wonderwerk sal doen en dat al hierdie dinge nie so sal gebeur nie ten spyte van vele dreigemente wat tans die rondte doen.
    Intussen doen ek ‘n beroep op my volksgenote om op hulle knieë te bly en te bid vir hierdie plofbare situasie. As God besluit dat Hy ons hierdie lyding sal spaar is dit ‘n groot wonderwerk. Indien nie, bid dat Hy ons te midde van hierdie geweld sal beskerm. Verder moet ons ook maar veilig speel. Probeer so ver moontlik wegbly van besige dorpsentra en vermy plekke waar daar skielik ‘n samedromming van mense is. Moenie nuuskierig raak en gaan kyk wat aangaan nie.
    Baie sterkte aan almal van julle.