Harry, een van ons medebloggers, is ‘n storieverteller van formaat. Sy kortverhale het gereeld verskyn op Bierpense se joernaal Kekkel op die Plaas, te bsigtig by kekkel.wordpress.com. Sy kortverhale het nou so gewild geraak dat daar nou ‘n webjoernaal oopgemaak is met al Harry se stories in een plek. Gaan besigtig hierdie webjoernaal by duinemense.wordpress.com. Daar is ook ‘n snelskakel beskikbaar op my blogroll.
Etiket: Harry
-
Kring van die Spotters
Die Afrikaanse gemeenskap van bloggers hier op WordPress is ‘n interessante een. Die mense hier kom uit ‘n wye verskeidenheid agtergronde en hier is baie skryftalent onder hulle.
Ongelukkig is daar ook bloggers onder ons wat genot daaruit put om blogs oop te maak waar hulle ander bloggers bespot en slegsê.
Eers het hulle die deelnemers op www.bosparra.com bespot. Noudat Bosparra kalmer geword het is daar nou sommiges wat mekaar bespot en ook ander bloggers uitsonder. Ek was gister ontsteld om te sien hoe ou Klontkoppie en Vrinne vir Bierpens en Harry bespot het. Laasgenoemde is twee bloggers vir wie ek bewondering het. Bierpens vir sy skryfstyl en die manier hoe hy sy saak stel asook die werk waarmee hy besig is om ‘n platform vir Afrikaanse bloggers te bou waar artikels oor verskeie onderwerpe deur middel van etiketblaaie, oftewel tag pages aan mekaar geskakel word. En Harry vir sy kortverhale wat op Kekkel op die Plaas gepubliseer is. Harry weet hoe om ‘n storie te vertel.
Nee regtig, so kan dit nie aangaan nie. Daar is dinge daar buite wat veel ernstiger is as ons ou kleinlike geveggies op die blogs. Julle kan eerder julle talente gebruik om die Afrikaanse blogosfeer tot ‘n kragtige medium uit te bou wat kan opvoed sowel as vermaak.