Daar is drie lande wat ek eendag graag wil besoek as ek dalk so ‘n geleentheid sou kry. Die kanse daarvoor is maar skraal, maar daar is niks verkeerd daarmee om te droom nie.
Ek sou graag Amerika wil besoek, maar nie net sommer enige deel van Amerika nie. Ek wil graag na die plattelandse gebiede in die Apalachiese gebergtes reis om te sien hoe mense daar lewe. Sommiges het al daardie mense as sogenaamde Hillbillies uitgekryt, maar ek dink dis maar net suiwer hoogmoed omdat daardie mense tradisioneel minder welaf was as ander blanke Amerikaners.
Verder wil ek ook die Amerikaanse Midwesterse gebiede besoek en gaan kyk na al die groot slagvelde en ander plekke waar dapper Cowboys hulle deel gedoen het en hulle lewens gegee het om hulle land te verdedig teen Indiane, Meksikaanse boewe asook misdadigers in hulle eie geledere wat hulle lewensstyl bedreig het.
Verder wil ek ook Texas gaan besoek om te sien hoe lyk hulle massiewe beesplase daar. Dan wil ek ook Nashville toe gaan om een van hulle Country musiekfeeste te beleef.
Verder wil ek ook Swede en Ysland gaan besoek. ek wil hulle winterlandskappe beleef sowel as hulle algemene toeriste-aantreklikhede. Ek is self nie ‘n kenner van daardie lande se toeriste-aantreklikhede nie, daarom is ek nuuskierig om daar te gaan reis.
Ek weet ek het nou sommer twee lande op een slag genoem, maar vergeef my as ek nog twee noem. Laaste maar nie die minste nie wil ek ook Nederland en Vlaandere besoek. Vlaandere is nou wel nie meer ‘n onafhanklike staat soos honderde jare gelede nie, maar sowel die Nederlanders en Vlaminge is verwant aan ons as Afrikaners omdat ons voorouers hoofsaaklik uit hulle geledere gekom het. Ek wil graag die kuns- en kultuurskatte van daardie lande gaan beleef.
Ek hoop hierdie skrywe inspireer die leser daar buite om ook sy/haar gedagtes te laat gaan op ‘n droomreis na ver plekke
Etiket: reis
-
Drie lande wat ek graag wil besoek
-
Van Casablanca tot die Kaap
Vroeƫr vanjaar het Johan Badenhorst en sy span van Voetspore faam weer een van hulle reise deur Afrika onderneem. In plaas daarvan dat hulle vanuit Suid-Afrika na hulle bestemming gereis het, het hulle hierdie keer hulle reis hoog in Afrika begin. Hulle het gereis vanaf Casablanca in Marokko tot by Kaapstad.
Ten spyte van vele probleme en vertragings was die reis wel suksesvol gewees. Vanaand het die eerste episode van die televisiereeks wat hulle op hul reis verfilm het gewys Die reeks word Vrydagaande om sesuur op SABC 2 uitgesaai.
Die span van Voetspore het met hulle vorige reeks, Van Gansbaai tot Gaboen, wat ook op televisie gebeeldsend is, aan die gewone Suid-Afrikaner wat nie dikwels in Afrika reis nie ‘n interessante kykie gegee na die landstreke waardeur hulle gereis het. Hierdie jongste reeks beloof om ook baie interessant te wees.