Etiket: Springbokke

  • Rugby uitsaairegte

    Ek wonder die laaste tyd bietjie oor hoe die uitsaairegte vir rugby
    werk. Vir die tweede jaar saai RSG nie die Springbokke se Europese
    toer uit nie omdat hulle nie die uitsaairegte kon kry nie. Ek verneem
    ander radiostasies kon ook nie uitsaairegte kry nie.
    Verlede jaar het ek hulle nog verskoon omdat hulle dalk ‘n fout kon
    gemaak het. Maar vanjaar wonder ek so ‘n bietjie. Hoekom het hulle nie
    intussen uitsaairegte beding nie? Baie van ons beskik nie oor ‘n
    intekening op ‘n betaalkanaal wat die rugby regstreeks uitsaai nie.
    Intussen maak die Bokke dit ook maar net-net. Die eerste twee
    wedstryde het hulle net-net gewen en toe verloor hulle gister teen
    Skotland.
    Sterkte vir volgende naweek se wedstryd teen Engeland, al sal ek julle
    nie regstreeks kan volg nie.

  • Die springbokke se nagmerrietoer

    Die Springbokke het vanaand hulle nagmerrietoer in Europa op ‘n laagtepunt afgesluit toe hulle met 15-10 teen Ierland verloor het. Die toer het uit vyf wedstryde bestaan waarvan die Bokke slegs een kon wen, Naamlik die wedstryd teen ItaliĆ«.
    Mag die manne ‘n welverdiende ruskans geniet as hulle weer in Suid-Afrika terugkom. Peter De Villiers en sy span moet hard gaan sit en dink oor ‘n nuwe strategie vir volgende jaar. Dalk moet hulle hulself ook afvra of dit regtig nodig is vir ‘n Europese toer aan die einde van ‘n harde jaar. Ons spelers het vanjaar regtig hard gewerk en goed gepresteer in die Super 14, Drienasiestoernooi en die reeks teen die Britse en Ierse Leeus.
    Geniet die ruskans en die feestyd, al julle Springbokhelde.