Etiket: stories

  • Nabot se wingerd

    Diegene van julle wat al 'n paar jaar op die Afrikaanse platform van vuurslag.co.za/ 'n webjoernaal bedryf en wie al by Bierpens se webjoernale gekuier het sal seker nog vir Harry Louw onthou. Hy was 'n gereelde skrywer op die webjoernaal Die plaas, te besigtig by: http://www.bierpens.co.za asook op die gemeenskapsblad Kekkel op die plaas wat intussen op privaat gestel is en nie meer nuwe inskrywings ontvang nie. Hy is ‘n top storieverteller wat al heelwat geskryf het oor sy wedervaringe in die Namakwaland, sy studentedae en later sy lewe in Namibië waar hy tans woonagtig is.
    Vir ‘n hele ruk lank was hy stil in die blogwêreld, maar ek is bly om te sien hy is weer terug met net sulke goeie stories en vertellings soos altyd. Hierdie keer het hy sy eie blog op Letterdash wat besigtig kan word by:
    http://letterdash.com/HarryLouw
    Hierdie webjoernaal is ook nie so nuut nie. Ten tye van hierdie skrywe was daar al reeds 39 skrywes daarop en ek is nuuskierig om verder te gaan lees waarmee hy nog alles vorendag gekom het.
    Soos ek al voorheen opgemerk het, vat dit ‘n begaafde storieverteller om ‘n goeie storie uit ‘n gewond onopmerklike alledaagse situasie voort te bring. Harry is beslis een van daardie begaafde
    storievertellers.
    Geniet dit baie.

  • Die wit rus

    Ek het anderdag op nog ‘n interessante storieblad afgekom danksy een van die deelnemers op Bierpens se blog wat ‘n skakel na hierdie webwerf geplaas het.
    http://www.diewitrus.co.za/
    Hierdie is nou wel nie 'n vuurslag.co.za/ blog nie, maar dis nogtans 'n baie goeie plek om te lees as jy stories soek wat jou lekker kan laat lag, jou laat terugdink aan die goeie ou dae en jou soms in trane laat uitbars. Verder is daar ook tussen al die stories 'n paar los gedagtes en ernstige praatjies wat ons as Afrikaners, maar ook enigiemand anders, beslis ter harte kan neem.
    Ek hoop julle geniet dit sommer baie.

  • Nog ‘n interessante storieblog

    Ek het vandag op ‘n interessante nuwe blog afgekom. skoppensvrau.wordpress.com Daar is ook ‘n blogger wat interessante stories kan skryf. Sommige daarvan is maar hartseer en tragies, maar nogtans ‘n goeie lees as jy van hartseer liefdesverhale hou.
    Ek het in Januarie ook afgekom op nog ‘n storieblog, juenka.wordpress.com wat ook interessante stories bevat. Dis net jammer die eienaar van hierdie blog het nie voortgegaan om nuwe stories daar te plaas nie.
    Geniet dit baie.