Een staking verby, nog een op pad

Written by

in

Die vervoerstaking wat veral die vervoer van brandstof negatief geraak het, het gister tot ‘n einde gekom. Maar net toe ons dink ons kan nou asem skep, berig SAUK nuus dat die SA Nasionale Taxiraad oftewel SANTACO, dreig met ‘n landwye staking as die regering nie voortgaan met hulle huidige planne vir ‘n snelbusvervoerstelsel. Ons het alreeds gesien hoe lelik so ‘n staking kan uitdraai tydens die vorige taxistaking op 24 Maart in Johannesburg. Motoriste op die snelweg moes onder intimidasie deurloop en selfs ‘n luukse passasiersbus is met knopkieries toegetakel. Dis veral kommerwekkend dat die vakbonde juis rondom die verkiesing hulle nukke uithaal. Wat probeer hulle hierdeur bereik? Hulle party gaan tog loshande die verkiesing wen. Daar sal maandag samesprekengs tussen die regering en SANTACO plaasvind. Kom ons hoop vir die beste.


Discover more from Vuurslag

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Discover more from Vuurslag

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading