Politieke probleme in die drieparty-alliansie

Written by

in

Ek is geensins ‘n ondersteuner van die ANC en sy vennote nie, maar ek is ‘n bietjie bekommerd oor die storm wat besig is om te woed tussen Julius Malema en die SAKP. Nog voordat die ANC aan bewind gekom het het hulle ‘n alliansie gesluit met die vakverbond Cosatu en die SA Kommunisteparty.
Daar was al voorheen probleme in die alliansie, maar die ANC het dit nog altyd onder beheer gehou. Maar nou het die sweer behoorlik oopgebars en kan hulle nou nie meer soos vroeër jare die tweespalt ontken nie.
Die rede hoekom hierdie dinge my so bekommer is die feit dat hierdie drieparty-alliansie nou aan die regering van ons land staan. Hulle sê mos as twee reuse baklei, dan bewe die aarde. As hierdie dinge buite beheer raak gaan dit politiese onstabiliteit veroorsaak. Ek ys net by die gedagte aan hoe al hierdie gebeure die oorverpolitiseerde massas gaan raak. Dit kan ‘n veiligheidsrisiko skep.
Vroeër vanjaar toe daar gewelddadige betogings was teen die swak dienslewering van plaaslike owerhede was daar gesê dat binnegevegte tussen munisipale amptenare bygedra het tot die verswakking in dienslewering. Watter invloed gaan die binnegevegte in die drieparty-alliansie op die sentrale regering hê?
Kom ons hoop maar die manne kry ‘n plan.


Discover more from Vuurslag

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Comments

2 responses to “Politieke probleme in die drieparty-alliansie”

  1. Bierpens Avatar

    More Vuurslag …

    Ek deel jou bekommernisse en ek staan liewer vreedsaam onder die drie party alliansie as in anargie onder geregtigheid. Ons kan sien met voorbeelde soos Iraque en Kowait assook Afganistan dat geregtigheid het ‘n dure prys.

    Dis net in Holly Wood waar geregtigheid ‘n reg tot vryheid van spraak is …

    Geniet jou 16de Desember … mag ons nog oor vele van hulle die reg hê om te Blog…

  2. Vuurslag Avatar

    Baie dankie Pensie. Geniet jou geloftedag en mag ons eendag ook gespaar bly teen die aanslae soos wat ons by Bloedrivier gered is.

Discover more from Vuurslag

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading