Wanneer twee kusreuse bots

Written by

in

Baie geluk aan WP en Natal wat in die Currybeker eindstryd teen mekaar te staan gaan kom. Die Natalse Haaie het die Bloubulle van Noord-Transvaal met 16-12 gewen. Ek wonder wat met die bulle geskort het. Die WP het die Vrystaatse Cheetahs met 31-7 gewen. Ek wonder wat oor die Vrystaters se lewe geloop het dat hulle so gesukkel het. Op ‘n stadium was WP met 31-0 voor totdat die Vrystaters naby die einde van die wedstryd ‘n drie kon inkry. Gelukkig was daar darem nie bye op Nuweland nie. Ek moet erken dis maar met groot teensinnigheid dat ek WP gelukwens. Mag die Haaie oor twee weke die Currybeker wen.


Discover more from Vuurslag

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Discover more from Vuurslag

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading