Eerste reëns van die seisoen

Written by

in

Ons hier bo in die Transvaal het die afgelope twee dae die eerste reëns van ons nuwe reënseisoen gehad. Dit is veral verblydend vir die boeregemeenskap omdat die somerweiding vir die vee nou stadig maar seker weer kan begin uitloop na ‘n lang, koue, droë winter. Saaiboere kan ook eersdaags begin ploeg en bemes vir nog ‘n plantseisoen.
‘n Paar maande terug het die weerburo gewaarsku dat ons vanjaar weer ‘n droogtejaar kan hê omdat seetemperature in die Stille Oseaan weer begin styg het. Dit beteken dat lande in die Noordelike Halfront meer reën kry terwyl lande in die Suidelike Halfront, veral Suid-Afrika, :Australië en Nieu-Zeeland droogtejare beleef. Ek hoop egter van harte dat ons land ten spyte van dit alles gelukkig sal wees en genoeg reën sal kry om nog ‘n suksesvolle oes te kan afhaal. Dit sal ‘n goeie hupstoot vir ons boeregemeenskap wees wat gebuk gaan onder vyandige optrede van sekere politieke elemente, plaasaanvalle, wisselende pryse vir hulle produkte en die gekonkel van kunsmiskartelle wat onlangs op die lappe gekom het. Sterkte aan julle almal.


Discover more from Vuurslag

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Comments

2 responses to “Eerste reëns van die seisoen”

  1. illuminerend Avatar
    illuminerend

    Ai, die koeler weer en groenigheid is vir my heerlik nou. Dit was so droog en stowwerig!

  2. Vuurslag Avatar

    Dis inderdaad soos jy daar sê. Dis nou al ons tweede dag van reën. Die wêreld hier gaan beslis baie groener wees.

Discover more from Vuurslag

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading