Die Afrikaanse blogs groei vinnig

Written by

in

Ek kyk gereeld op die Afrikaanse afdeling van WordPress, te besigtig by af.wordpress.com na die volledige lys van top blogs van die dag. Dis vir my ‘n riem om die hart om te sien hoeveel nuwe bloggers en interessante nuwe blogs daar so einde Desember tot vroeg in Januarie bygekom het. Hier verwys ek veral na blogs soos Sommer alles blog, Jlmriekert, Stoop se Stoep, Middernag, Karlien Du Preez, Geeskomitee ensovoorts. Sommige bloggers het ook van hulle eie vriende en aanhangers so ver gekry om by hulle blog te kom inloer en kommentaar te lewer. Hartlik welkom aan julle almal hier op WordPress se Afrikaanse afdeling. Mag julle groot vreugde uit julle blogs put en sommer baie aanhangers en blogvriende bykry.


Discover more from Vuurslag

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Comments

3 responses to “Die Afrikaanse blogs groei vinnig”

  1. Kobus Coetzee Avatar
    Kobus Coetzee

    Loer gerus op my blog, en na http://www.henkvstaden.wordpress.com

  2. flintstoned Avatar

    Ek moet sê die meeste van die bloggers is nogal baie dierbaar, in my amper drie maande hier op wordpress het ek nogal baie oulike mense raak gelees.

    Dankie vir die Afrikaanse wordpress link, ek het myself vrek gesoek daarna.

    :mrgreen:

  3. vuurslag Avatar
    vuurslag

    Cobus, baie dankie vir die inloer. Ek was al voorheen by jou blog en vind dit baie interessant. Sal beslis ook by Henk van Staden gaan inloer. Flintstoned, ek is bly jy geniet dit nog op die blogs.

Discover more from Vuurslag

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading