Vir ‘n lang tyd al het ek al gewonder hoe dit sal wees om my eie WordPress blog te kan hê. Een wat nie al die advertensies en beperkings het van ‘n blog op wordpress.com nie. Dit was ook vir my moeilik om een van die betaalde planne op WordPress.com uit te neem omdat hulle slegs betalings in sekere goedgekeurde geldeenhede ontvang en ek tans nie die nodige kundigheid en fasiliteite het om internasionale betalings te kon doen nie.
Op die ou einde het ek toe besluit om so ‘n blog deur ‘n plaaslike Suid-Afrikaanse diensverskaffer te kry. Baie dankie aan Xneelo vir die geleentheid wat julle my kan bied om hierdie webwerf op julle bedieners te kan huisves. Hulle tariewe is uiters billik en hulle laat my ook toe om al my rekeninge kontant te betaal en beperk jou nie net tot debietorders of kredietkaarte nie.
Besoek hulle gerus indien u ‘n webwerf wil begin.
http://xneelo.co.za
Hierdie blog gaan ‘n soort voortsetting wees van my ander blog http://vuurslag.wordpress.com wat ek reeds sedert 2009 bedryf. Ek gaan so ver moontlik probeer om my nuutste artikels op albei blogs te plaas juis omdat ek nou al ‘n klein maar getroue leserskorps op my vorige webjoernaal opgebou het. Op ‘n tyd wat vir my reg is sal ek dan die groot skuif maak na hierdie webjoernaal toe sodra ek ‘n goeie gemeenskap hier gevestig het.
Kom ons kyk wat 2025 vir hierdie blog en Afrikaanse blogs in die algemeen inhou.
My eerste probeerslag met ‘n eie betaalde WordPress blog
Discover more from Vuurslag
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Comments
One response to “My eerste probeerslag met ‘n eie betaalde WordPress blog”
Ek is eintlik verbaas dat die blokredigeerder van WordPress.com nie op hierdie self-hosted blog is nie. Die goeie ou kommentaarform is nog steeds hier.