Powered by
WordPress
  • Sonde met die bure en andere wat die kinders laat struikel

    Hierdie is voorwaar skokkend. Wat is besig om van ons mense te word? Dan is daar nog ouer mense wat jong kinders ook laat struikel in hulle verslawing en trots is daarop. Diesulkes moet net onthou dat ons in die Bybel gewaarsku word dat dit wel onvermydelik is dat kinders sal struikel, maar as jy…

  • Laaste Sien Van Die Blikkantien

    Aan die beginjare toe ek hierdie webjoernaal begin het, was daar hoofsaaklik drie manier hoe mens nuwe Afrikaanse blogs kon ontdek en lees. Die eerste was WordPress se eie portaal af.wordpress.com waar mens verskeie blogs en artikels kon lees wat op die netwerk van wordpress opgang gemaak het. Elke dag was daar nuwe en interessante…

  • Glo jy aan Vrydag die dertiende

    Ek kyk nou juis vanoggend weer op die Afrikaanse WordPress blogs rond en kom loer toe so bietjie in by die hoenderhok. Ek was heel verbaas om te sien dat die blok weer sigbaar is al vir ‘n paar jaar. Bierpens het soos gewoonlik nie teleur gestel nie en skryf nog steeds puik stories oor…

  • Vaarwel Youtube Go

    Die afgelope paar jaar gebruik ek al Android Go, die ligter weergawe van Android vir selfone met minder stoorruimte asook minder werkende geheue, beter bekend as random access memory. Hierdie bedryfstelsel bevat ligter weergawes van Google se stelseltoepassings soos Assistant Go, Gmail Go, Maps Go en Youtube go. Gisteraand laat het Google ‘n e-pos uitgestuur…

  • Afrikaanse radio nader die kruispad

    Afrikaanse radio is gaandeweg besig om stadig maar seker ‘n kruispad te nader en binnekort sal daar deur uitsaaiers en luisteraars besin moet word of hulle steeds afhanklik van die staatsgesteunde openbare radiodiens wil wees en of ons heeltemal onafhanklik van die ou staatsmodel wil funksioneer. Hierdie kwessie is die week op die spits gedryf…

  • Gaan 2018 ‘n klipkoujaar wees?

    Dis die groot vraag wat baie van ons onsself afvra aan die begin van ‘n baie woelige jaar. Die tafel is reeds gedek vir groot uitdagings wat in groot moeilikheid kan omsit as dit nie effektief bestuur word nie. Op 29 Desember 2017 het die stryd om Afrikaans op universiteite nog ‘n terugslag beleef toe…

  • Hoe toeganklik is wordpress app vir android?

    Ek is tans besig om bietjie met wordppress vir android te speel en toets bietjie om te kyk hoe toeganklik dit is saam met Talkback skermleser vir android. Dit lyk darem of mens die mees basiese funksies van blogging te doen. Een belangrike ding vir gesiggestremdes wat ook van hierdie toepassing wil gebruik maak is…

  • Die grense van satire

    Op Woensdag, 7 Januarie 2015 het ‘n nare tragedie homself afgespeel in Parys, Frankryk toe twaalf mense deur terroriste doodgeskiet is wat Islam as die hoofmotief vir hul aanval gebruik het. Die aanval het plaasgevind by die kantore van Charlie Hebdo, ‘n weeklikse satiriese koerant. Tien van die twaalf oorledenes was werknemers van die koerant,…

  • Die Anc sal glo vir ewig regeer

    President Jacob Zuma het gister tydens ‘n deur-tot-deur veldtog van die regering aan mense in Nelspruit gesĂȘ die Anc sal vir ewig en altyd regeer, of hul teenstanders nou daarvan hou of nie. Hy het ook mense aangemoedig om in groot getalle na die stembus te gaan en te sorg dat die ANC 90% van…

  • Weer terug na ‘n lang tyd

    Goeiemore aan al my lesers wat hierdie skrywe mag raaklees. Ek het gelukkig darem nie van die aardbol af verdwyn nie. Verlede jaar was voorwaar ‘n opwindende nuwe jaar. Ek het ‘n nuwe betrekking aanvaar en werk nou in ‘n kantooromgewing wat minder stresvol is as my vorige omgewing. Ek het as braille-instrukteur op die…