- Powered by
- WordPress
-
Nuwe blog: Die Berig
'n nuwe Afrikaanse blog het onlangs op vuurslag.co.za/ verskyn. http://dieberig.wordpress.com Die webjoernaalskrywer, Joshua Van Blommestein het 'n interessante konsep hier beet. Hy neem nuusberigte van internasionale nuusplatforms en vertaal dit dan in Afrikaans en plaas dit op sy blog. Sodoende kan Afrikaanse lesers toegang kry tot internasionale nuusberigte wat nie altyd in ons gewone hoofstroommedia…
-
Vryf nog sout in die wonde
Die departement van Grondhervorming en landelike ontwikkeling het gister bevestig dat hulle ‘n nuwe wetsontwerp beplan wat ten doel het om grondbesit te reguleer volgens demografiese raskwotas om grondbesit in lyn te bring met die rassedemografie van die land. Hierdie wetsontwerp, bekend as die Wet op Billike Toegang tot Grond, is gister aan die parlementêre…
-
Oppas vir die webskakers
Eerstens baie dankie aan een van ons getroue Afrikaanse bloggers, Rina Bester vir hierdie waarskuwing. Dit word opreg waardeer. Ligloop mense! Daar is nou 'n nuwe groep kuberkrakers daar buite wat spesifiek WordPress webwerwe teiken. Hulle fop eers die eienaars van webwerwe om programatuur op hulle webwerwe te installeer om sogenaamd tot hulle eie webportale…
-
onteiening sonder vergoeding is wettige diefstal
Op Donderdag, 23 Januarie 2025 het een van die donkerste tye in Suid-Afrika aangebreek sedert 1994. Voor dit was daar ongetwyfeld nog swaarder tye. Maar hierdie is voorwaar een van die mees onsekere tye in ons onlangse geskiedenis. President Cyril Ramaphosa het die wet op onteiening sonder vergoeding onderteken en tot wetgewing verklaar. Ramaphosa onderteken…
-
Carmen Niehaus hier op WordPress
So sit ek vanoggend en lees deur die etiketlyste op vuurslag.co.za/ en kom af op hierdie blog van 'n absolute glanskok. Home Dis niemand anders as Carmen Niehaus, die bekende glanskok van Huisgenoot. Sy het ook nou 'n weeklikse program, Lekker en Goed, op Kyknet. Ek beskik ongelukkig nie oor DSTV om dit te kan…
-
My eerste probeerslag met ‘n eie betaalde WordPress blog
Vir ‘n lang tyd al het ek al gewonder hoe dit sal wees om my eie WordPress blog te kan hê. Een wat nie al die advertensies en beperkings het van ‘n blog op wordpress.com nie. Dit was ook vir my moeilik om een van die betaalde planne op WordPress.com uit te neem omdat hulle…
-
Hello world!
Welcome to WordPress. This is your first post. Edit or delete it, then start writing!
-
Die feesseisoen uit die verlede
Terwyl ek vanmiddag op my WordPress beheerpaneel die nuutste Afrikaanse artikels lees, kom ek op hierdie absolute juweel van ‘n artikel af oor die goeie herinnerings wat baie van ons het oor Kersfees uit ons kinderdae en die verre verlede. Kersfees in die truspieëltjie Soos wat hierdie vrou tereg opmerk, was dit nog ‘n tyd toe…
-
Die Goue Middeweg tussen tegnologie en menslikheid
-
Jou wet en orde of jou lewe?
Jare terug as kinders altyd die een of ander rowerspeletjie gespeel het, was die vraag altyd: jou geld of jou lewe. Die laaste tyd het dinge hier in Suid-Afrika al so verdorwe geraak dat ons nou al die vraag kan vra: jou wet en orde of jou lewe? Hierdie week het ons nou al twee…