'n nuwe Afrikaanse blog het onlangs op vuurslag.co.za/ verskyn.
http://dieberig.wordpress.com
Die webjoernaalskrywer, Joshua Van Blommestein het 'n interessante konsep hier beet. Hy neem nuusberigte van internasionale nuusplatforms en vertaal dit dan in Afrikaans en plaas dit op sy blog. Sodoende kan Afrikaanse lesers toegang kry tot internasionale nuusberigte wat nie altyd in ons gewone hoofstroommedia verskyn nie of wat ons normaalweg nie sou lees indien dit wel tussen Suid-Afrikaanse nuusstories sou verskyn nie.
Daar is onder andere stories van menslike hoogtepunte en helde soos die Australiese bloedskenker James Harrison wat onlangs oorlede is en wie se bloed baie ma's en babas se lewens gered het.
Australië se ‘man met die goue arm’, wie se seldsame bloed 2.4 miljoen babas gered het, sterf op 88
Daar is ook 'n berig oor 'n byeenkoms van vroue in Sjina wat die kommunistiese regering daar op hulle senuwees gehad het. Gelukkig is daar nie vyandige aksie teen hierdie vroue geneem nie, maar hulle het dit net so ver moontlik probeer beheer.
‘Ons het al hierdie energie gehad’: Die geskiedkundige byeenkoms van vroue wat China ontstel het
Daar is egter ook berigte wat erg ontstellend is en wys hoeveel wreedheid daar soms gepleeg word in oorloggeteisterde lande soos Soedan en Noord-Korea.
Babas en jong kinders word verkrag as ‘n oorlogswapen in Soedan, sê UNICEF
Hierdie kan soms moeisame werk wees vir die blogger wat hierdie webjoernaal versorg. baie sterkte vir jou.
Indien jy 'n leser is wat nuuskierig is oor internasionale nuusgebeure, kan jy beslis hier gaan inloer.