‘n Duur April. En dis geen grap

Written by

in

So ‘n rukkie terug het ons die skoknuus verneem dat Evkom sy kragtariewe wel met 25% per jaar gaan verhoog. Hierdie verhoging tree Aprilmaand in werking. Vanoggend op die nuus hoor ek toe dat die brandstofprys volgende maand na raming met 50c per liter gaan styg. Die finale prysverhoging is nog nie aangekondig nie. Ten minste die helfte van hierdie verhoging, 25c, word veroorsaak deur die verhoging in die brandstofheffing wat tydens die begroting in Februarie aangekondig is.
Ons gewone verbruikers, salaristrekkers en ander platsakke sal op 1 April nie veel hê om oor te lag nie. Sterkte vir julle almal.


Discover more from Vuurslag

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Comments

5 responses to “‘n Duur April. En dis geen grap”

  1. hartskommels Avatar

    sjoe

  2. Bierpens Avatar

    Dag Vuurslag … ons gaan nog poef en betaal … ek het self oor gegaan en kook nou die papot op gas … baie goedkoper …

  3. vuurslag Avatar
    vuurslag

    Hallo Bierpens. Ja, ons gaan nog erg moet opdok. Ek is bly jy kom darem goedkoper met die gas uit. As dit so aanhou sal ons hier op die plaas ook drastiese maatreëls moet tref.

  4. Skoor Avatar

    Ek het ‘n bakoond gebou. Wil die kind se om sy skoolbanke stuk stuk huis toe te bring dat ons kan vuurmaak daarmee en die kos gaar kry.

    Die regering worry tog nie oor opvoeding en onderwys nie, so waarvoor jou gat gaan deursit op ‘n skoolbank wat kon brand?

  5. Vuurslag Avatar

    Hahaha, dis nou ‘n ding. Sal dit nie aanbeveel nie, maar dis wel ‘n plan om te oorweeg as ons onderwys aanhou verval.

Discover more from Vuurslag

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading