Kategorie: Algemeen

  • 2010 in review

    The stats helper monkeys at vuurslag.co.za/ mulled over how this blog did in 2010, and here's a high level summary of its overall blog health:

    Healthy blog!

    The Blog-Health-o-Meter™ reads Wow.

    Crunchy numbers

    Featured image

    A helper monkey made this abstract painting, inspired by your stats.

    A Boeing 747-400 passenger jet can hold 416 passengers. This blog was viewed about 2,000 times in 2010. That’s about 5 full 747s.

    In 2010, there were 53 new posts, growing the total archive of this blog to 124 posts.

    The busiest day of the year was April 25th with 65 views. The most popular post that day was What’s in a name.

    Where did they come from?

    The top referring sites in 2010 were WordPress Dashboard, bierpens.co.za, af.wordpress.com, botd.wordpress.com, and google.co.za.

    Some visitors came searching, mostly for sosiale netwerke, gebruik van sosiale netwerke, afrikaanse blogs, sauk nuus, and wat is sosiale netwerke.

    Attractions in 2010

    These are the posts and pages that got the most views in 2010.

    1

    What’s in a name April 2010
    11 comments

    2

    Sosiale netwerke kan gedagvaar word oor skadelike inhoud March 2010
    5 comments

    3

    Die Afrikaanse blogs groei vinnig January 2010
    3 comments

    4

    Het gestremdes se lewens verbeter? December 2009
    4 comments

    5

    Is nog ‘n xenofobie-krisis op pad? July 2010
    3 comments

  • Besluit oor staking word binnekort verwag

    Vakbonde in die staatsdiens kan dalk hopelik teen Woensdag besluit of
    hulle die regering se aanbod van ‘n 7.5% loonverhoging en ‘n
    behuisingsibsidie van R800 per maand gaan aanvaar. Die slegte nuus is
    egter dat dit lyk asof die vakbonde moontlik nie die aanbod gaan
    aanvaar nie. Die goeie nuus is darem dat die vakbonde nie weer tot
    staking sal oorgaan nie. My vraag is nou net wat die vakbonde nou te
    doen staan? Daar is nie veel wat hulle nou kan doen nie. Die South
    African Democratic Teacher’s Union SADTU was anderdag vol bravade en
    het glo “oorlog” teen die regering verklaar. Wat dit alles behels weet
    nugter alleen, maar hulle sal seker maar verhoogde druk op die
    regering plaas om aan hulle eise te voldoen. Hulle moet tog net meer
    versigtiger wees met hulle woordkeuse.
    Kom ons hoop vir die beste op Woensdag.

  • Paul Kruger

    Vandag gedenk ons as behoudende Afrikaners wat ons geskiedenis lief het weer die geboortedag van Paul Kruger, een van ons groot Boereleiers. Hy was die laaste president van die Zuid-Afrikaansche Republiek, ook bekend as die Transvaal, voor die Tweede Vryheidsoorlog.
    Paul Kruger was deen van die leierskorps wat die Boerevolk van die ZAR in 1881 bevry het van Britse oorheersing nadat Britanje in 1877 die ZAR beset het. Nadat Goud aan die Witwatersrand ontdek is het hy ‘n bittere politieke stryd gevoer om ons onafhanklikheid te behou nadat Britanje met slinkse maatreëls probeer het om beheer oor die ZAR se regering te verkry onder die dekmantel dat hulle die regte van die buitelanders probeer beskerm wat daar in die myne gewerk het. Selfs toe die Tweede Vryheidsoorlog in 1899 uitgebreek het het hy nie sonder meer oorgegee nie en het selfs Europa toe gereis om steun te werf vir die saak van die Boerevolk. Ongelukkig was dit nie oral suksesvol nie. Alhoewel dit maar moeilik gegaan het om regerings van daardie tyd sover te kry om ons behulpsaam te wees het gewone Europeërs wel groot inspirasie geput uit ons stryd teen Britanje.
    Paul Kruger is een van daardie leiers wat dit verseker die moeite werd maak om die goeie uit die verlede te haal en ons toekoms daarop te bou. Mag ons weer ‘n leier soos hy kry om ons na vryheid te lei in die moeilike jare wat vir ons voorlê.

  • Weermagvakbond debateer oor deelname aan staking

    Die vakbond The South African Security Forces Union hou vandag ‘n vergadering in Port Elizabeth waar die vakbond sy lede gaan raadpleeg oor moontlike deelname aan die voortslepende staking in die staatsdienssektor. SASFU verteenwoordig sowat twaalfduisend lede in die weermag en ander veiligheidsdienste.
    Die weermag het die laaste tyd baie gehelp om nie-stakende werkers by hospitale en die siekes in hulle sorg te beskerm teen stakende werkers wat hulle gedreig het. Die mediese korps het ook uitgehelp in staatshospitale waar personeeltekorte die normale werksaamhede van die hospitale benadeel het. As daar ook ‘n staking moet uitbreek sit ons met Chaos. Volgens wet is die weermag ook deel van die instansies wat noodsaaklike dienste lewer net soos die mediese dienste. Hulle werknemers mag nie staak nie. Ons het egter gesien hoe sommige verpleegpersoneel hierdie wet blatant verontagsaam en self so ver gaan om nie-stakende personeel te dreig.
    Ek hoop egter dat gesonde verstand sal heers by vandag se vergadering en dat daar nie tot staking oorgegaan sal word nie.

  • Baie geluk Steve!

    Ek wil ook net van die geleentheid gebruik maak om vir Steve Hofmeyr, bekende en geliefde Afrikaanse sanger ‘n gelukkige verjaarsdag toe te wens. Ons as aanhangers en ondersteuners dink aan jou vandag. Op sy mikrojoernaal op Twitter skryf hy vandag dat hy sy verjaarsdag in twee provinsies vier. Interessante reisplan. Mag jy tussen alles darem nog tyd kry om jou dag te geniet en te ontspan. Hoop jy kry sommer baie gelukwense van almal wie vir jou omgee en hulle wie vir jou dierbaar is. Nogmaals baie geluk.

  • Stakers intimideer selfs mediese personeel

    stakende werkers wat aan die huidige staking van staatsamptenare deelneem het volgens berigte op Eyewitness News nie-stakende verpleegsters by hospitale in Johannesburg gedreig. Verpleegsters moes na skuiling vlug of self aan die betogings deelneem toe die betogers hospitale binnegestorm het. By een hospitaal het hulle selfs so ver gegaan om tot naby ‘n teater se ingang te marsjeer. Het die klomp dan nie eers respek vir dokters wat operasies moes uitvoer nie. Gaan kyk ook bietjie na die volgende Twitter mikrojoernaal van ‘n verpleegster wat die staking self ervaar het.
    http://twitter.com/andywandy
    In verdere verwikkelinge word al hoe meer tradisioneel blanke skole bedreig. Selfs privaat skole bly nie gespaar nie. Die vakbonde se opruiers sê glo hulle wil nie hê dat net die armes deur die staking geraak moet word nie.
    die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie, ‘n vakbond wat tradisioneel Afrikaneronderwysers verteenwoordig het ook aangekondig dat hulle van Maandag af aan die staking sal deelneem. Ek wonder hoeveel van hulle lede sal gehoor gee aan die oproep tot staking? Ons mense het tradisioneel ‘n hoë werksetiek gehad.
    Baie sterkte aan almal wat hulle bes gaan probeer om hulle werk na die beste van hulle vermoë te doen om die staatsdiens aan die gang te hou. Sterkte ook aan alle dokters, verpleegsters en ander mediese personeel sowel as ondersteuningspersoneel by hospitale wat julle werk as roeping ernstig opneem. Staan sterk en beskerm die lewens van ons weerlose pasiënte wat aan julle sorg toevertrou is. My gebede is met julle.

  • Die staking begin more.

    vakbonde binne die staatsdiens wat lid van COSATU is het vandag aangekondig dat hulle die staat se aanbod van ‘n 7% loonverhoging en ‘n behuisingstoelaag van R700 verwerp en dat hulle van more af met ‘n staking begin. Baie sterkte aan diegene van julle wat nog in hierdie tyd gaan probeer werk. Ek hoop nie daar gaan intimidasie wees teen nie-stakende werkers nie. Gister was daar glo intimidasie teen onderwysers en leerders by sommige skole in die PWV-gebied, ook bekend as Gauteng. Ouers het geskarrel om hulle kinders by skole op te laai wat deur die wangedrag van die vakbonde geraak is. baie sterkte aan julle almal.

  • Taaldag

    My doel met hierdie inskrywing is nie om ‘n lang geskiedenisles te gee oor die ontstaan en bevordering van Afrikaans nie, maar meer om my dank te betuig aan almal wat dit vir ons moontlik gemaak het om vrylik in Afrikaans te kan skryf en praat.
    Baie dankie aan die Genootskap vir regte Afrikaners wat dit vir ons moontlik gemaak het om in te sien dat Afrikaans ook ‘n volwaardige skryftaal en letterkundige medium kan wees. Baie dankie aan die digters van die era na die Tweede Vryheidsoorlog wat ons gewys het dat Afrikaans ook ‘n taal is waarin ons vrylik kan dig. Baie dankie aan diegene wat Afrikaanse koerante tot stand gebring het en vir ons gewys het dat Afrikaans ook ‘n volwaardige nuustaal kan wees waarin ons ons ook op politieke gebied kon uitdruk en ons vryheidsideaal verder kon bevorder. Dankie aan skrywers soos CJ Langenhoven wat topgehalte boeke gepubliseer het en ook baie gedoen het om mee te help dat die destydse regering Afrikaans in 1925 as amptelike landstaal erken het. Baie dankie aan diegene wat agter die skerms gewerk het om die Bybel in Afrikaans te kon vertaal. Hierdie vertaling het in 1933 verskyn. Baie dankie aan ons akademici wat agter die skerms gewerk het om vir ons woordeboeke saam te stel en so ons Afrikaanse woordeskat uit te brei. Baie dankie ook aan diegene wat daartoe bygedra het dat Afrikaans ook ‘n volwaardige wetenskaplike taal geword het wat ons op universiteite kon gebruik om ons studente voor te berei vir beroepe soos dokters, wetenskaplike navorsers en tegnici.
    Laaste maar nie die minste nie wil ek my hartlike dank betuig aan diegene wat in hierdie dae wat die toekoms van Afrikaans bedreig word steeds voortgaan om vir ons op te staan.
    Selfs as jy ‘n gewone eenvoudige webjoernaalskrywer is moet jy ook nie jou rol onderskat om Afrikaans te bevorder en lewendig te hou nie. Baie dankie aan jou ook.
    Mag ons, ons kinders en kleinkinders nog lank ons taal handhaaf en uitbou.

  • Nog ‘n groot staatsdiensstaking op pad

    Volgens nuusberigte in die media kan ons vanaf 10 Augustus ‘n groot staking deur staatsamptenare verwag. dIS veral die vakbonde wat lid is van die vakverbond COSATU wat aan hierdie staking gaan deelneem. Hulle verteenwoordig meer as 1 Miljoen staatsamptenare. Hierdie staking het die potensiaal om selfs groter te wees as die
    staatsdiensstaking van 2007.
    Dis vir my totaal verregaande dat hierdie vakbonde bereid is om die hele land tot stilstand te ruk oor ‘n loonverskil van sowat 1.6% tussen hulle looneis en die staat se aanbod. Die staat het onlangs sy loonaanbod hersien en bied tans ‘n verhoging van 7% aan terwyl die vakbonde ‘n verhoging van 8.6% eis. Hulle dreig voorts dat dat hulle op ‘n onbepaalde
    staking kan gaan as die staat nie gehoor gee aan hulle looneise binne 24 uur vanaf 10 Augustus nie.
    Ekself werk by ‘n staatsinstelling wat negatief geraak kan word as werknemers by ons sou besluit om aan die staking deel te neem. Verder vrees ek ook vir dinge soos intimidasie van nie-stakende werkers, veral diegene wat noodsaaklike dienste moet verrig by hospitale, die polisie, nooddienste, korrektiewe dienste ensovoorts.
    Ek hoop en bid dat ek, my vriende en kolegas veilig sal wees tydens die staking terwyl ons ons dagtaak na die beste van ons vermoë sal probeer verrig.

  • Eintlik is ons almal so (via Wosonki)

    Plaasjuppie het hier ‘n baie goeie punt beet. Ons arme manne kan maar nie wen nie.

    Ek praat nou van my spesie. Mans. Dit is waarskynlik so dat mense geneig is om te oordeel na gelang van die ekstreme van enige groepering, ek weet ek doen. Ek moet egter teen my grein en geloof erken dat vrouens se oordeel oor mans waarskynlik die een plek is waar die oordeel korrek en verdiend is. Ja, mans kommunikeer ten beste in grottaal. Ja, mans het waarskynlik almal net een ding op die brein. Ja, mans het waarskynlik nie genoeg bloed om alb … Read More

    via Wosonki