Ek lees gister op
http://praag.co.za dat Facebook aangekondig het dat hy nou sowat 500 miljoen gebruikers het. Dis voorwaar ‘n mylpaal vir hierdie sosiale netwerk. Sowat 1 uit 14 mense wereldwyd het nou ‘n Facebook profiel. Dit maak Facebook die grootste en kragtigste sosiale netwerk.
Kategorie: Algemeen
-
Baie geluk, Facebook
-
Steve vs Koos en MG
Op sy mikrojoernaal verwys Steve Hofmeyr
http://www.twitter.com/steve_hofmeyr na ‘n artikel deur die bekende Afrikaanse sanger Koos Kombuis wat op The Mail ^& Guardian se Thoughtleader blog verskyn het. Koos
Het in hierdie artikel oor Steve se ope brief aan Julius Malema en sy standpunt oor swart intelektueles. Alhoewel Steve se uitspraak debateerbaar is, doen dit niks aan die res van sy brief nie.
As ek Steve is steur ek my nie veel aan Koos Kombuis of Mg se kritiek nie. Ons almal weet dat hulle albei liberale
anti-Afrikaner sentimente bedryf en dat ons hulle soort ongelukkig nie kan oortuig nie. Ons weet van Koos se betrokkenheid by die Voëlvry beweging, ‘n soort Afrikaanse Rockmusiekbeweging waarin die Afrikaner se kultuurgoedere liederlik afgekraak is voor FW De Klerk se oorgawe en die verraad van die generaals. Ons weet ook van The Mail & Guardian se liberale standpunte toe hulle nog as The Rand Daily Mail bekend gestaan het. Daarom moet ons onsself nie verbaas oor die kaliber van lesers wat hulle vandag het nie.
Steve moet voortgaan met die goeie werk wat hy alreeds doen. Ons as Afrikaners raak al meer keelvol vir die liberale aanvalle van die media op ons. Danksy die internet het ons nou self die vermoë om onsself te verdedig en alternatiewe leesstof daar te stel vir ons eie mense.
Sterkte vir jou, Steve. -
Nuwe hoop vir EVKOM onderhandelings
Die bestuur van Evkom het gister aangekondig dat hulle nou hulle salarisaanbod aangepas het na 9% verhoging en ‘n behuisingsubsidie van R1500. Dit kom dadat hulle geruk is toe berigte in die media uitgelek het oor groot bonusse wat Evkom hulle bestuurslede gaan betaal. Ons sal nou maar moet sien of die vakbonde hulle aanbod gaan aanvaar. Evkom se vorige aanbod was ‘n verhoging van 8.5% en ‘n behuisingstoelaag van R2000. Ek hoop nou net nie die vakbonde gaan nou begin kibbel oor die behuisingstoelaag nie, want dan is daar nog steeds ‘n moontlikheid vir ‘n staking. Die voordeel van hierdie nuwe wending is darem dat daar geen stakings sal wees vir die oorblywende week van die sokkertoernooi nie. Dankie tog.
-
Bel jou blog
Tot nou toe was potgooi, oftewel podcasting, net beskore vir diegene met goeie bandwydte en tegniese vaardigheid. Wel, nie nou meer nie. Die gawe mense by vuurslag.co.za/ het gister 'n nuwe funksie op hulle bedieners geaktiveer wat jou nou toelaat om stemsnitte telefonies na jou blog te stuur. As jy op jou WordPress administrasiepaneel is, kliek op die skakel My Blogs. Selekteer jou blog en kies dan post by Voice vanaf die combo box. Kliek dan die Apply knoppie. Jy sal dan 'n telefoonnommer kry waarheen jy kan bel as jy stemsnitte na jou webjoernaal wil stuur. Ongelukkig vir ons as Suid-Afrikaners sal dit jou ongelukkig 'n oproep Amerika toe kos om dit te doen. Maar as jy kans sien daarvoor kan jy dit beslis probeer. Ek sal graag wil hoor van medebloggers wat al hierdie tegnologie probeer het. Sal ons Afrikaanse bloggers eendag ons eie webjoernaalradio kan begin? Hahaha, wonder sommer net.
-
Is ‘n staking by Evkom op pad?
Vakbonde wat werknemers by Evkom verteenwoordig het die bestuur tot môre kans gegee om met aanvaarbare salarisvoorstelle na hulle toe te kom. Dis natuurlik ‘n ope vraaag wat kan gebeur indien die Evkom bestuur nie daarin kan slaag om die vakbonde tevrede te stel nie. Sal die werkers regtig tot ‘n staking oorgaan terwyl die wêreldbeker sokkertoernooi nog steeds aan die gang is? Ons moenie vergeet dat ‘n groot deel van hierdie werkers wat nou wil sstaak groot sokkeraanhangers is. as Evkom nie krag kan voorsien nie kan hulle nie na die sokker op televisie kyk nie. Om die waarheid te sê, daar sal ook nie genoeg krag wees om die spreiligte by die stadions sowel as die mediasentrum aan die gang te hou nie. Dit
ten spyte van die feit dat FIFA wel voorgeskryf het dat daar noodkragopwekkers by die sokkerstadions moet wees ingeval Evkom probleme met kragvoorsiening sou
ondervind.
Aan die ander kant is daar kan dit dalk juis die sokkertoernooi wees wat die werkers wel kan motiveer om te staak. Hulle wil sodoende die Evkom bestuur forseer
om aan hulle looneise gehoor te gee. Soos die
oumense sou sê, hulle sal oor lyke gaan om hulle sin te
kry.Dis net vir my skokkend datSolidariteit, ‘n vakbond wat tradisionele Afrikaner- en Christenwaardes aanhang ook een van die bakbonde is wat dreig om moontlik aan hierdie staking deel te neem. Sal hulle dit regtig doen of besef hulle ook soos gewone Afrikaners insien dat elektrisiteitsvoorsiening ‘n noodsaaklike diens is wat hulle lewer?
Kom ons hoop maar môre dat die bakbonde en bestuur tot
‘n vergelyk kan kom oor hierdie kwessie. Indien nie, sal dit ‘n groot ramp vir Suid-Afrika wees. Nie net sal dit ons ekonomie skade aandoen nie, Maar dit sal ook ons beeld na die buitewêreld nog erger skade aandoen as wat die misdadigers en rowers alreeds gedoen het. -
Rowers se vermetelheid ken geen einde nie
Ek lees vanoggend ‘n berig in Beeld van Australiese toeriste wat saam met die eienaar van die luukse vakansieoord naby Hazyview,
Oos-Transvaal deur gewapende rowers oorval is net toe die eienaar besig was om die gaste na hulle kamer te vergesel. Die mense is onder andere van kontant, kameras, selfone en skootrekenaars beroof. Maar wat regtig erg was is toe die rowers na hulle rooftog vir hulle slagoffers gevra het of hulle darem nog die Wereldbeker sokkertoernooi geniet? Dis mos nou die toppunt van vermetelheid. Kan hulle nie insien dat dit juis hulle is wat die toeriste se vakansie in Suid-Afrika opgefoeter het nie?
Volgens die eienaar van die oord was die rowers andersins ordentlik en het hulle goeie Engels gepraat. Hulle was ook netjies geklee. Dit het voorgekom asof hulle opgelei was vir hierdie soort taak.
Gelukkig het niemand tydens die rooftog seergekry nie. Een van die vroulike toeriste moes net vir skok behandel word.
Hierdie is maar deel van ‘n hele reeks voorvalle waar buitelandse toeriste en selfs joernaliste in Suid-Afrika beroof is terwyl hulle hier was vir die sokkertoernooi. Ek wil nou al die voorspelling waag dat FIFA beslis met eier op hulle gesig gaan wegkom oor die sogenaamde veiligheid van Suid-Afrika om die toernooi aan te bied. Buitelanders ervaar nou eerstehands wat Suid-Afrikaners al amper vergeet het. Mens wonder watter internasionale gevolge hierdie gebeure vir Suid-Afrika kan inhou? Ons beeld het beslis skade gely.
Sterkte aan al julle toeriste en besoekers vir die res van die toernooi. Mag julle veilig wees en nie die slagoffer van Suid-Afrika se misdaadgolf word nie. -
So ‘n paar Wb 2010 skandes
Nog voordat die Wêreldbeker Sokkertoernooi in Suid-Afrika begin het is verskeie buitelandse joernaliste, toeriste en
spelers in verskeie voorvalle beroof of besteel. Dit het groot
paniek veroorsaak onder lede van die internasionale media.
Na die wedstryd tussen Australië en Duitsland wat
Sondagaand in Durban gespeel is het veiligheidspersoneel
betoog omdat hulle glo verlaagde lone ontvang het.
Gelukkig was die toeskouers alreeds uit die stadion toe die
moeilikheid begin het. Die Weskaapse Polisie moes ook
inderhaas 1000 polisierekrute inkry om veiligheidsdienste
by die Groenpunt stadion te behartig nadat die veiligheids-
personeel geweier het om diens te doen by die
wedstryd wat gisteraand tussen Italië en
Paraguay gespeel is. Hoekom het die werkgewers en
wagte nie voor die tyd hulle verskille uitgesorteer nie?
In gister se Beeld verskyn daar ‘n berig dat die aanbied van
die wêreldbeker sokkertoernooi ons land alreeds R37
miljard meer kos as wat aanvanklik bereken is. Gisteraand
verskyn daar ‘n berig waarin beweer word dat beleggers,
staatsamptenare en andere met sokkerkaartjies getrakteer word waarvoor ons belastingbetalers alreeds R10 miljoen
opgedok het.
Ten spyte van hierdie skandale verloop die wedstryde tussen deelnemende spanne vlot.
As ons onsself die vraag afvra of Suid-Afrika die 2010
Wêreldbeker sokkertoernooi suksesvol kan aanbied, moet
ons maar erken dat daar slegs gemengde sukses is. Ons
gaan beslis na die toernooi met ‘n massiewe rekening sit
wat die staat se finansies ernstig kan knou. Dit kan op sy
beurt tot gebrekkige dienslewering lei wat nog meer betogings teen swak dienslewering tot gevolg kan hê.Gister was daar ook ‘n voorval by Soccer City naby Soweto,
Johannesburg. Bestuurders van die Snelbusstelsel het onverwags begin staak wat veroorsaak het dat toeskouers wat die wedstryd tussen Nederland en Denemarke bygewoon het alternatiewe vervoer moes kry.Ek weet nie van julle nie, maar ek sou maar erg bevrees gewees het as ek sonder vervoer in Soweto gestrand was. Ons almal weet dis maar gevaarlik daar en mens weet nooit wat met jou daar kan gebeur nie. Dit was uiters laag en gemeen om ons buitelandse gaste op so ‘n manier te behandel.
Terwyl ek besig is om hierdie inskrywing te skryf kom daar so pas ‘n nuusflits op die radio deur dat Evkom werkers
dreig om Donderdag te begin staak. Nugter weet hoe dit
kragvoorsiening in ons land gaan raak, veral in die lig
gesien van die groter aanvraag as gevolg van die winter
en die sokkertoernooi.
Sterkte aan al my landsgenote en al julle kuiergaste vir die
res van die toernooi. -
Kom ons maak somme
In een van my vorige inskrywings het ek gemeld hoe moeilik dit is vir veral gesiggestremdes om captchas in te vul as hulle wil aansoek doen vir gebruikersrekeninge vir e-pos of sosiale netwerke.
Ek het wel onlangs raakgesien hoedat sommige diensverskaffers op ‘n kreatiewe manier wel plan maak om hierdie soort probleem te oorkom. Natuurlik word dit nie soseer gedoen vir gesiggestremdes nie, maar vir baie ander mense wat ook seker al gekla het oor hulle probleem met hierdie prentjiekodes. Op Media24 se koerantwebwerwe is daar al ‘n geruime tyd ‘n funksie waar jy artikels per e-pos vir vriende kan aanstuur. Ek het onlangs gesien hoedat hulle vir hulle sekuriteitskode die gebruiker vra om ‘n eenvoudige optelsom te doen en die antwoord in die invulblokkie te tik om te bewys dat jy wel ‘n mens agter die rekenaar is nie ‘n gemorsposprogram of spambot nie. Ek het ook dieselfde verskynsel gesien by ‘n diensverskaffer wat gratis e-posrekeninge aan selfoongebruikers verskaf.
Baie dankie aan al julle rekenaarslimkoppe wat aandag geskenk het aan mense se klagtes met die prentjiekodes wat ‘n ernstige hindernis vir baie van ons was.
Ek hoop nou net nie dat die skrywers van gemorsposprogramatuur nie hulle programme ook gaan leer om somme te maak nie. -
Spotprente, geloof en respek
Wat het die arme Jonathan Shepiro, ook bekend as die spotprentkunstenaar Zapiro, besiel om ‘n spotprent te teken van die Moslems se heilige profeet Mohammed? En dit so kort voor die wêreldbeker sokkertoernooi? Onthou hy dan nie die groot probleme wat die Dene gehad het nadat ‘n Deense spotprentkunstenaar ook ‘n reeks spotprente oor Mohammed gepubliseer het? Die liberaliste vertel ons altyd dat ons respek moet hê vir ander se geloof en dis alles goed en wel, maar dit lyk my of hulle self nie altyd hierdie reël gehoorsaam nie. Kom ons hoop hierdie ding het nie ernstige nagevolge vir Zapiro of die res van die land in nie.
-
Soen die boere en skiet die lafaards
Julius Malema, leier van die ANC Jeugliga, het gister tydens ‘n konferensie in Natal met ‘n nuwe weergawe van sy haatlied na vore gekom. In plaas van skiet die boere sing hy nou soen die boere, maar volg dit dan op met skiet die lafaards. Wie is hierdie lafaards wat geskiet moet word? Dink ou Julius ons kan nie die sarkasme in hierdie liedjie raaksien nie. Ek is nuuskierig om te sien wat mense se reaksies hierdie week gaan wees. Is daar dalk ‘n organisasie wat lafaards verteenwoordig wat hom kan hof toe vat vir haatspraak?