Bierpens se nuwe skryfstyl

Written by

in

Bierpens is een van die Afrikaanse bloggers hier op WordPress. Hy het twee blogs op vuurslag.co.za/, by name Kekkel op die plaas, te besigtig by kekkel.wordpress.com en Onder die Lapa, te besigtig by bierpens.wordpress.com.
Ek was op 'n stadium 'n gereelde leser van sy blog Kekkel op die Plaas. Toe gaan staan die blog bietjie stil tot vandag toe hy weer daar inloer met 'n splinternuwe manier van skryf. Hy het iewers 'n site templet ontdek wat 'n soort "Twitter feel" het. Nou het hy op die gewone blogs net sulke kort maar kragtige inskrywings begin publiseer.
Hierdie nuwigheid is net die regte ding vir haastige bloggers wat nie altyd tyd het om te gaan stil sit en lang beredeneerde artikels skryf nie. Die vuurslag.co.za/ gadget, te vinde by m.wordpress.com, is perfek vir hierdie doel omdat dit vir rekenaars sowel as selfone toeganklik is. Verder het hierdie nuwe skryfstyl op WordPress ook die voordeel dat jy nie tot net 140 karakters beperk is nie. Buitendien is 140 karakters gans te min om mee te blog. Slegs die tyd sal leer of ander bloggers ook hierdie nuwe skryfstyl gaan probeer.


Discover more from Vuurslag

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Comments

One response to “Bierpens se nuwe skryfstyl”

  1. bierpens Avatar

    Hi Vuurslag

    Thankx vir die intro … ek hoop om weer mense te laat lag en gee ook nie om vir die wat huil nie … ek skryf na gelang van my gemoed en geniet dit om dinge te pak en ook slae te ontvang …

    Ek kan sien jy ken van skryf … iets wat ek nooit kon aanleer nie … sal jou gereeld kom raak lees …

Discover more from Vuurslag

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading